fbpx
WELCOME & LOOKING FORWARD TO HEARING FROM YOU!

Anke & Dantes

THE STORY

When I met up with Anke the 1st time, I just knew we were going to create magic! she entrusted us with her vision & gave us complete freedom to express our creativity, and let me tell you true magic happens with a client complete trust her planner. I LOVED this look, LOVED this couple & just everything about this colorful wedding

[ so we are SUPER very proud of this wedding]

MORE ABOUT THE DAY

Liefste Izandi, MT en Anja

Net een woord = WOW!! Julle span het alle verwagtinge oortref. Baie baie dankie!!
Die dag toe ek vir Izandi ontmoet by Millhouse om idees uit te ruil oor ‘n konsep vir die troue het ek net geweet -hierdie is ‘n match made in heaven! Noem dit ‘n vroulike instink. Izandi, jy het dadelik my visie gesien en jou opgewondheid en passie was aansteeklik – ek kon nie wag om saam met jou te werk aan ons droom troue nie!!
Van die heel begin af was niks te veel moeite vir jou gewees nie, jy was altyd opit en een stappie voor. Ek het ten alle tye gevoel of alle onder beheer was en geweet ek is in die beste hande. Die journey saam met jou was iets besonders en ek sal jou ewig dankbaar wees dat jy gesorg het dat dit stresvry was en ons oor niks hoef te geworry het nie.
MT en Anja se teenwoordigheid op die dag was onmisbaar! Julle was uiters profesioneel! Julle was die heeltyd daar gewees vir ons en het ons op die hande gedra. Baie dankie dat julle gesorg het dat elke dingetjie op sy plek was en dat elke persoon betrokke by die dag presies geweet het wat hy moet doen en waar hy moes wees. Ons het soos gaste gevoel by ons eie troue!
Baie dankie dat julle saam met ons gedroom het, saam in verwondering geraak het en saam in ekstase was oor die groot dag!! Dit was presies soos wat ons dit wou gehad het en ons sal julle ewig dankbaar wees daarvoor. Nie net was julle ons koördineringspan nie, maar in julle het ons ook vriende gevind!
Ons wens vir julle alle van die beste toe en sien uit om te sien wat IDO4U nog alles gaan vermag in die toekoms!

Al ons liefde
Anke&Dantes
xxx

 

Suppliers:

Venue: Molenvliet 
Catering:  Two chefs 
Flowers : Blomstories
Décor + Lights : Goeters  | @nconcepts & Design 
Photographer: Aglow Photography 
Videographer: White Jasmine Films 
Hair + Make-up:Alicia Buckle 
Entertainment + DJ  : DJ Pepe  | The Other band 
Wedding cake : Sugar Studio
Wedding Dress:  Alana v Heerden 
Stationary: Lezanne Designs

Share this post
  , , , , , , , , , ,


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *